Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ontvoerde tweelingboetie steeds spoorloos
Die ontvoerde Kwahlelo Tiwane na wie die polisie soek. Foto: SAPD

Die twee maande oue babaseun wat verlede week ontvoer is deur ’n vrou wat haar glo as ’n welsynswerker voorgedoen het, is nog nie opgespoor nie.

Die polisie soek steeds na die vrou wat eers Kwahlelo Tiwane se ma se vertroue gewen en toe een van haar tweelingseuns ontvoer het.

Kol. Andrè Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, sê daar is geen nuwe verwikkelinge in die saak nie.

Die vrou het haarself as ’n maatskaplike werker voorgedoen toe sy die ma Woensdag by haar huis in Khayelitsha, Kaapstad, genader het. Sy het die ma gevra vir die babas se geboortesertifikate en kliniekkaarte.

Sy het die volgende dag teruggekeer en is saam met die ma en haar tweeling in ’n taxi Parow toe, waar haar kantoor kwansuis was.

Toe die taxi stilhou, het die vrou met een van die babas uit die taxi geklim en gevlug.

Traut het die publiek se hulp gevra sodat die ma met haar babaseun herenig kan word.

Enigiemand met inligting word gevra om speur-sers. Joy Sumsodien by 082 522 1095, of om die Stopmisdaadnommer 0860 010 111 te bel.

Meer oor:  Vermis  |  Ontvoering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.