Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ontvoerde vrou in Kaapstad ongedeerd

’n Vrou is Donderdagmiddag helderoordag langs Stockweg in Philippi-Oos ontvoer deur drie mans wat haar in ’n minibus gedwing het.

Die voorval is wyd op sosiale media versprei nadat Nadia Goliath ander vroue in ’n stemboodskap op Whatsapp waarsku oor wat sy op pad na die R300-snelweg sien gebeur het.

Goliath was net ná 17:00 van Mitchells Plain op pad huis toe in Bellville toe sy die 26-jarige vrou langs die pad sien wat deur ’n verkeersbeampte afgetrek is.

Volgens Goliath se boodskap het ’n wit minibus langs hulle stilgehou. Die drie mans het uitgespring, die vrou gegryp en met haar weggejaag.

“Ek het net haar voete gesien en gehoor hoe sy gil. Ek moes verby die minibus ry om verby hulle te ry en kon niks doen nie . . . Toe sien ek hoe die verkeersbeampte net in sy voertuig klim en in die rigting van AZ Berman ry,” sê Goliath.

Volgens Goliath het sy onmiddellik mense ingelig en hulp ontbied.“Die minibus het agter my gery en toe hulle verby my ry, het ek probeer kyk of die vrou agterin was, maar ek kon haar nie sien nie. Die verdagtes het roekeloos gery en in verskeie voertuie vasgejaag voordat hulle in ’n sloot by Hindleweg beland het. Hulle het uitgespring en die vrou het losgekom en ook uitgespring.”

Die Wes-Kaapse polisie het bevestig dat hulle die omstandighede oor die ontvoering ondersoek.

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die vrou vermoedelik deur ’n verkeersbeampte gestop is. Toe sy langs die pad staan, het verdagtes in ’n wit Hyundai-minibus haar in hul voertuig gedwing en weggejaag.

Die Hyundai was in ’n ongeluk in Hindleweg terwyl hulle deur die owerhede agtervolg en tot stilstand gedwing is. Die slagoffer kon ongedeerd ontsnap.

"Die Hyundai was in ’n ongeluk in Hindleweg terwyl hulle deur die owerhede agtervolg en tot stilstand gedwing is. Die slagoffer kon ongedeerd ontsnap,” sê Traut.

Volgens die polisie is ’n 34-jarige man in hegtenis geneem en hy sal binnekort in die hof verskyn.

“Die ander het weggekom en word steeds gesoek.”

Wayne le Roux, waarnemende uitvoerende direkteur van die Kaapstad-metro, sê die metropolisie se taktiese reaksie-eenheid was betrokke by die inhegtenisneming van die verdagte.

“Die metro ondersoek die voorval, en ons is bewus van die stemboodskap wat op sosiale media versprei is oor die voorval en die bewerings dat ’n verkeersbeampte die motoris in haar tyd van nood agtergelaat het.”

Le Roux sê die slagoffer is bevry nadat die paneelwa naby Delft tot stilstand gekom het.

“Lede van die metropolisie wat langs die R300 op patrollie was, het die verdagte opgespoor. Die slagoffer het hom positief geïdentifiseer.”

Le Roux sê hulle sal ’n onderhoud voer met die betrokke verkeersbeampte om vas te stel wat presies gebeur het.

Meer oor:  Nadia Goliath  |  Kaapstad  |  Ongedeerd  |  Ontvoer  |  Vrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.