Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ontvoerde vrou veilig gevind

’n Vrou van Durban is veilig gevind nadat sy Vrydagoggend in Morningside ontvoer is.

Vier mans het Marta Rubilar (54) voorgekeer toe sy omstreeks 07:45 by haar werkplek aankom.

Marta Rubilar (54)

“Hulle het handwapens gehad. Die mans het haar beveel om in die motor te klim voordat hulle weggejaag het,” lui ’n verklaring wat deur Marshall Security uitgereik is.

’n Beskrywing van die motor is na die polisie en ander veiligheidsmaatskappye gestuur.

’n Sein van die vrou se selfoon is in die Springfieldpark-omgewing opgespoor, waarná die polisie in dié gebied na haar begin soek het.

“Ná ’n soektog van twee uur lank het lede van die Newlands-Oos-polisiekantoor die slagoffer gevind. Hoewel sy getraumatiseer is, het sy geen fisieke beserings opgedoen nie,” lui die verklaring.

Lt.kol. Thulani Zwane, polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal, sê die motor, ’n Volkswagen Polo, is later in KwaMashu opgespoor.

Geen verdagtes is tot dusver in hegtenis geneem nie en die polisie ondersoek aanklagte van motorkaping en menseroof.

Meer oor:  Marta Rubilar  |  Morningside  |  Durban  |  Veilig Gevind  |  Ontvoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.