Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ontvoerder vlug met een van tweeling

Die polisie in die Wes-Kaap is op soek na ’n vrou wat eers die vertroue van ’n ma gewen het en toe een van haar tweelingseuns ontvoer het.

Die vrou het haarself as ’n welsynswerker voorgedoen toe sy die ma van die twee maande oue tweeling Woensdag by haar huis in Khayelitsha, Kaapstad, nader, het kol. Andrè Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, gesê.

“Sy het die ma gevra vir die baba’s se geboortesertifikate en kliniekkaarte. Die vrou het die volgende dag teruggekeer en is saam met die ma en twee baba’s in ’n taxi Parow toe, waar haar kantoor kwansuis sou gewees het.

Toe die taxi daar stilhou, het die vrou met een van die baba’s uit die taxi geklim en gevlug.

Klein Kwahlelo Tiwane is nog nie gekry nie.

Traut het die publiek se hulp gevra om te help sodat die ma met haar babaseun herenig kan word.

Enigiemand met inligting word gevra om sers. Joy Sumsodien by 082 522 1095 te bel of om die Stop Misdaadnommer 0860 010 111 te skakel.

Kwahlelo Tiwane (Supplied by SAPS)
Die ontvoerde Kwahlelo Tiwane. Foto: SAPD

Meer oor:  Kaapstad  |  Parow  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.