Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ontvoerders vas wat paartjie dwing om geld te onttrek

Twee gewapende verdagtes is in hegtenis geneem nadat hulle ’n egpaar Maandagaand in Harare, Khayelitsha in Kaapstad, ontvoer het.

Volgens die polisie in die Wes-Kaap is die paartjie glo gedwing om kontant by ’n kitsbank te onttrek.

“Hulle het die geld aan die verdagtes oorhandig waarna die verdagtes gevlug het. Die saak is by die polisie aangemeld, wat onmiddellik na die verdagtes begin soek het,” sê lt.kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder.

Volgens Traut het die vinnige optrede van die polisie daartoe gelei dat die verdagtes nou agter tralies is.

“Die twee verdagtes, onderskeidelik 23 en 32 jaar oud, het ’n ongelisensieerde 9 mm-pistool en 15 koeëls by hulle gehad. Hulle verskyn binnekort in die landdroshof in Khayelitsha.”

In ’n onverwante voorval is ’n 28-jarige verdagte in die vroeë oggendure in Siyayalaan in Khayelitsha in hegtenis geneem vir die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen.

“Lede op patrollie het twee verdagtes opgemerk en agternagesit. Een van die verdagtes het weggekom en die ander een sal binnekort in die hof verskyn.”

Die vuurwapen wat in Siyayalaan in Khayelitsha gevind is. Foto: Verskaf - SAPD
Die vuurwapen wat in die Harare-voorval gebruik is.Foto: Verskaf - SAPD
Meer oor:  Khayelitsha  |  Kaapstad  |  Ontvoer  |  Egpaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.