Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ontvoerders verkool paar in hul motor

In die soveelste soortgelyke voorval is ’n man en ’n vrou Maandag in Limpopo in ’n voertuig aan die brand gesteek.

’n Onbekende aantal mans het die paar Maandag in hul Toyota Tazz in die Makonde-nedersetting buite Thohoyandou voorgekeer.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê die man en vrou is ontvoer en agter in hul motor se bagasiebak geprop, waarna die aanvallers met hulle na ’n afgeleë gebied in die Matiyani-nedersetting gery het. Dit is op die Punda Maria-pad na die Krugerwildtuin.

“Die man en vrou is doodgeskiet, waarna die motor met hul lyke in aan die brand gesteek is,” sê Ngoepe.

Volgens hom het die polisie slegs enkele meters van die uitgebrande wrak ook afgekom op die lyk van ’n tweede man. Hy is verskeie kere geskiet.

Dit is nie bekend of die twee voorvalle met mekaar verband hou nie. Die identiteit van die oorledenes sal deur middel van lykskouings vasgestel word.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, polisiehoof in Limpopo, het “die barbaarse misdade” as skokkend beskryf.

“Ons sal nie rus voordat die moordenaars opgespoor is nie,” het hy gesê.

In soortgelyke voorvalle vroeër vanjaar in Lebowakgomo, sowat 40 km vanaf Polokwane, asook buite Burgersfort is motors met verkoolde lyke daarin gekry.

Ngoepe kon nie sê of hierdie voorvalle met mekaar verband kan hou nie.

Meer oor:  Lt.Kol. Moatshe Ngoepe  |  Polokwane  |  Thohoyandou  |  Verkool  |  Motor  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.