Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Onwettige grondbesetters doenig buite Pretoria

Onwettige grondbesetters het Vrydag ’n sinkstruktuur op private grond in Vlakplaas, wes van Pretoria, opgerig.

’n Bekommerde inwoner van die omgewing wat anoniem wil bly, sê die besetters was Vrydagmiddag laat steeds op die grond.

Die inwoner sê dis nie die eerste keer dat die plakkers hulself op die grond tuismaak nie. Die polisie het vorige strukture wat die plakkers opgerig het, afgebreek.

Grondbesetters rig ’n sinkstruktuur in Vlakplaas op. Foto: Felix Dlangamandla

Die inwoner sê die grondbesetters wek kommer. “Ons sit met ’n probleem en ons kry nie genoeg hulp nie. Dis nie veronderstel om vir so lank aan te hou nie.”

Navrae is aan die polisie gerig, maar geen reaksie is nog ontvang nie.

Die afgelope naweek het grondbesetters ook suid van Johannesburg toegeslaan.

Marietjie Gericke het berig honderde grondbesetters het Saterdag opgeruk na Elandsfontein en Grassmere waar hulle glo die wettige eienaars van hul grond probeer afkry het.

Onwettige grondbesetters kom aan by die oop stuk grond in Vlakplaas, wes van Pretoria. Foto: Felix Dlangamandla

Meer oor:  Pretoria
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.