Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Oomblik van stilte vir vermoorde Matie

’n Gewyde atmosfeer het Donderdagoggend in die strate van Stellenbosch geheers terwyl sowat 100 studente van die Irene-koshuis gestap het na die plek waar die vermoorde Matie Hannah Cornelius en haar vriend en medestudent Cheslin Marsh die naweek in Cornelius se voertuig oorval en ontvoer is.  

Die studente, onder andere hegte vriendinne van Hannah, het liedere soos “Genade onbeskryflik groot” gesing en plakkate vertoon waarop geskryf is: “Am I safe?” en “How many women and children need to be murdered before it’s a crisis?” 

Hulle het ’n oomblik van stilte gehou by die eindpunt van die roete, voor ’n woonstelblok op die hoek van Birdstraat  en Jan Celliers-weg.

Jamie Paulsen, ’n huiskomiteelid, het Hannah as baie gewild beskryf. “Sy het altyd ’n glimlag op haar gesig gehad.” 

Die koshuishoof, Riana Engelbrecht, het gesê die meeste van Hannah se vriendinne het nie eksamen geskryf nie en is baie “tranerig” ná haar skokkende dood. Die optog gaan daaroor om berusting te kry en is ter viering van Hannah se lewe. 

Cornelius se lyk is Saterdagoggend langs die Knorhoekpad buite Stellenbosch gevind. Sy is vermoedelik verkrag, met ’n skerp voorwerp gesteek en doodgewurg.

.

Meer oor:  Hannah Cornelius  |  Cheslin Marsh  |  Stellenbosch  |  Matie  |  Vermoor  |  Optog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.