Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Oos-Kaap: 2de hoë van taxi-vereniging vermoor

Nóg ’n Oos-Kaapse taxivereniging se voorsitter is doodgeskiet.

Volgens die polisie se inligting is die voorsitter van die Mqanduli-taxivereniging (65) Vrydagaand by sy huis in die Ndungunyeni-nedersetting, net duskant Koffiebaai, vermoor.

Die slagoffer se naam is nog nie bekend gemaak nie.

Dié aanval kom enkele weke nadat Diki Zamani, voorsitter van die Uncedo-taxivereniging, op 15 Julie in Gqeberha doodgeskiet is. Zamani het in sy stilstaande motor in Njoli gesit toe skote op hom afgevuur is.

Die Oos-Kaapse polisie het in ’n verklaring gesê die motief vir die jongste aanval word nog ondersoek, en dat die heersende konflik onder taxiverenigings nie uitgesluit word nie.

Die jongste voorval was Vrydagaand omstreeks 19:10, kort nadat die slagoffer by sy huis aangekom het. Twee onbekende mans het na bewering op hom losgebrand en daarna gevlug. Die slagoffer het verskeie skietwonde aan sy bo- en onderlyf opgedoen.

Brig. Tembinkosi Kinana, provinsiale polisiewoordvoerder, het Maandag gesê nog niemand is in verband met die voorval aangekeer nie.

Enigeen wat die polisie in hul ondersoek kan help, kan die polisie se Stop Misdaadnommer bel by 08600 10111.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Vermoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.