Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Oos-Kaapse koninklike sit lewenslank ná verkragtings

’n Lid van die AbaThembu-koningshuis in die Oos-Kaap is tot lewenslange tronkstraf gevonnis weens die verkragting van twee minderjarige meisies.

Avelile Sakhisizwe Mtirara (32), is vroeër in die streekhof in Bityi skuldig bevind aan die verkragtings in onderskeidelik 2016 en 2017.

Elkeen van die meisies is na die man se rondawel ontbied, het die nasionale vervolgingsgesag (NVG) in ’n verklaring gesê. Mtirara het hulle verkrag en met die dood gedreig sou hulle vertel wat gebeur het.

Die meisies het wel later ’n familielid van hulle in hul vertroue geneem.

Mtirara het in die hof skuld ontken en gesê die meisies se bewerings is deel van ’n komplot om hom te onttroon.

Luxolo Tyali, NVG-woordvoerder, sê die hof het Mtirara se weergawe verwerp en bevind die tradisionele leier het sy magsposisie misbruik.

Benewens sy lewenslange tronkstraf vir die verkragting van die jonger meisie, is hy agt jaar tronkstraf opgelê vir die ander verkragting.

Die hof het gelas dat die vonnis samelopend uitgedien word.

Meer oor:  Polisie  |  Vroue  |  Verkrag  |  Geweld  |  Ontvoer  |  Meisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.