Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Oos-Kaapse vrou steek man glo dood ná klap

’n 38-jarige vrou van Louterwater naby Joubertina wie se vriend haar glo in ’n hewige rusie deur die gesig geklap het, het hom na bewering met ’n enkele messteek in die bors doodgesteek.

Die voorval het Saterdagaand omstreeks 21:30 gebeur.

Sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder in die Oos-Kaap, sê die paartjie het buite ’n huis in Rondomskrik, Louterwater, stry gekry.

Na bewering het die 42-jarige man die vrou deur die gesig geklap en sy het in reaksie hierop die man met ’n mes in die bors gesteek.

Die man is op die toneel dood.

Die vrou is in hegtenis geneem en is in aanhouding. Sy verskyn Maandag in die landdroshof op Joubertina op ’n aanklag van moord.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Klap  |  Dood  |  Gesteek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.