Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Opgeskorte vonnis, toe skiet hy glo weer

Drie jaar nadat AJ Lubbe van Poortview in Roodepoort ’n opgeskorte vonnis vir die moord op sy pa gekry het, het hy na bewering wéér op iemand losgebrand – ’n taxibestuurder.

AJ Lubbe Foto: facebook

Die taxi en ’n ander motor was op 26 Julie in ’n botsing by die Ruimsig Boulevard-winkelsentrum betrokke. ’n Ontstoke Lubbe het volgens ooggetuies geklee in ’n “volledige taktiese uniform” met ’n vuurwapen in elke hand op die taxi losbrand. Die bestuurder is drie keer raakgeskiet, maar het oorleef. Lubbe het glo ook skote na ’n polisiebeampte gevuur. Hy is kort daarna in die omgewing van Douglasdale in Johannesburg aangekeer.

Hy word van poging tot moord en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie aangekla.

Hy is verlede Maandag op borgtog van R10 000 in die landdroshof in Randburg vrygelaat. Sy ma, Melani Lubbe (48), het sy borggeld betaal.

’n Bron sê 17 koeëldoppies is op die toneel opgetel.

Lubbe het sy pa, Andries Johannes Lubbe (49), op 17 September 2016 in ’n rusie by hul huis in Poortview dood­- geskiet. Luidens berigte is sy pa sewe keer geskiet.

Lubbe sê in sy eedsverklaring hy het in albei gevalle uit selfverdediging opgetree.

“My lewe was in dreigende gevaar toe ek gereageer het.”

Lubbe is glo die eienaar van ’n maatskappy wat uitsmyters aan kuierplekke voorsien.

Hy verskyn op 1 November in die streekhof in Randburg.

Meer oor:  Roodepoort  |  Poging Tot Moord  |  Skietvoorval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.