Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Opod bekyk sterfte ná ‘aanranding’

Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek die dood van ’n jong man nadat hy glo deur polisielede aangerand is.

“Opod is in kennis gestel dat ’n 23-jarige man dood is nadat hy glo drie dae tevore deur polisielede in Soweto aangerand is,” het Sontaga Seisa, Opod-woordvoerder, gister in ’n verklaring gesê.

Volgens Seisa vermoed die oorledene se familie dat die aanranding sy dood veroorsaak het.“

Ondanks daarvan dat hy behandeling by ’n plaaslike gesondheidsinstelling ontvang het, is hy Sondag by sy huis dood. Niemand is nog in hegtenis geneem nie, want die ondersoek is nog aan die gang,” sê Seisa.

Collins Khosa (40) is glo die Paasnaweek deur weermaglede in Alexandra aangerand en is later dood. Vroeër is berig ’n moordsaak word teen lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag ondersoek. Khosa is aangerand toe hy en ’n vriend glo in ’n erf gesit en drink het.  

Meer oor:  Collins Khosa  |  Opod  |  Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.