Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Opod ondersoek 2 moorde waarby polisie glo betrokke was

Twee moorde en ’n verkragting waarby Wes-Kaapse polisiebeamptes vermoedelik betrokke was, word deur die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek.

In een van die voorvalle van moord is ’n man van Ravensmead dood nadat hy Vrydag glo ’n paar biere gaan koop het nadat die staat van inperking ingetree het.

Sontaga Seisa, Opod-woordvoerder, sê hulle ondersoek beweringe dat die man deur polisielede aangerand is.

“Hy het inmekaargesak toe hy by die huis gekom het en is dood.”

In die tweede voorval is ’n man Sondag in Langa deur polisiebeamptes doodgeskiet in uitbreiding 20 in Langa. Polisiebeamptes het glo ’n gesteelde voertuig agtervolg.

Seisa sê die voertuig het tot ’n stilstand gekom. Een van die mans wat in die voertuig was, het hulle met ’n mes aangeval het.

“Die polisie het hulself verdedig en die man is doodgeskiet.”

In die derde voorval wat ondersoekbeamptes van Opod ondersoek sedert die staat van inperking begin het, het ’n polisiebeampte van Saldanha aan die Weskus glo sy vrou sedert 8 Maart tot Saterdag 28 Maart in hul huis aangehou en herhaaldelik verkrag.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Opod  |  Ondersoek  |  Moord  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.