Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Opod ondersoek man se skietdood

Die dood van ’n verdagte word deur die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek nadat hy glo Sondagoggend deur ’n polisieman in Port Elizabeth geskiet is.

Opod sê in ’n verklaring polisielede was besig met patrolliewerk toe hulle ’n verdagte voertuig opgemerk het.

Hulle het die voertuig probeer aftrek, maar die bestuurder het weggejaag. Die polisie het hom agternagesit en hy het beheer van die voertuig verloor en dit het teen ’n heining tot stilstand gekom.

Luidens die verklaring het die man uit die voertuig geklim en op die polisie losgebrand. Hy het weggehardloop en ’n skietery het toe glo tussen hom en die polisie uitgebreek.

Hy is in die agterplaas van ’n huis dood verklaar.

Ballistiese toetse word op ’n polisievuurwapen gedoen en die lykskouing sal vandeesweek gedoen word, lui die verklaring.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Skietdood  |  Polisieman  |  Opod  |  Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.