Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Opod ondersoek nie verdagte in Kat-moord se selfdood
Danie (Kat) Fourie (71) van Kuruman is verlede week by sy huis vermoor.Foto: Verskaf

Die polisie, en nie die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) nie, gaan die geregtelike ondersoek doen na die dood van Tumelo Mokgobo, die man wat van die moord op Danie (Kat) Fourie (63) verdink is. Mokgobo het homself verlede Donderdag glo in sy polisiesel opgehang.

Hy is verlede Woensdagmiddag aangekeer, op dieselfde dag waarop hy Fourie, oom van die sangeres Elizma Theron, na bewering vermoor het.

Fourie (63) se lyk is onder ’n sleepwa langs sy huis in Seodin buite Kuruman gekry.

Sy vrou, Marianna (62), is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem, nadat sy volgens die polisie erg geslaan is en met haar hande vasgebind in ’n voertuig op die N14-pad naby Mothibistad, Kuruman, gekry is.

’n Familielid wou Woensdag nie besonderhede oor die begrafnis bekend maak nie.

Haar kinders weier volgens ingeligtes dat haar toestand en die hospitaal waarin sy is, bekend gemaak word. Die familie wag glo ook eers dat sy herstel voordat hulle ’n troosdiens reël.

Die polisie het Mokgobo op die N14-pad naby die dorp in hegtenis geneem. Hy was in besit van ’n .38-rewolwer, wat glo aan Fourie-hulle behoort het.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê dat Opod die ondersoek na Mokgobo se dood aan hulle oorgedra het.

“Sodra die ondersoek klaar is, sal ’n geregtelike doodsondersoek verrig word. Ons sal eers die ondersoek na Fourie se dood afhandel voordat dit gebeur.”

Volgens ’n ingeligte was Mokgobo van Lesotho. Hy sou glo ’n bekentenis op die dag van sy dood voor ’n landdros aflê. Hy het die oggend in sy sel in die Kathu-polisiekantoor ontbyt geëet. Sy lyk is ure daarna in die sel gevind. Hy het homself glo met ’n kombers opgehang.

Meer oor:  Selfdood  |  Moordenaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.