Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Opod bekyk skietdood van polisielid op bouperseel

Die ondersoek na die omstandighede waarin ’n polisielid wat van diens af was Maandag in Khayelitsha, Kaapstad, doodgeskiet is, is nou deur die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) oorgeneem.

Die polisielid, ’n lid van Khayelitsha se taktiese-reaksie-eenheid, is Maandag in die vroeë oggendure doodgeskiet op ’n bouperseel in Mandela Park waar vier mans glo bakstene gesteel het.

Hy was volgens inligting een van die diewe.

Dié dienspistool van ’n polisielid van Khayelitsha is glo Maandagoggend in ’n besigheidsroof gebruik.

Ndileka Cola, Opod-woordvoerder, sê dat polisielede verbonde aan die Harare-polisiekantoor in Khayelitsha besig was met patrolliewerk in Mandela Park, ook in Khayelitsha.

Hulle het ’n wit Toyota-bakkie en vier mans op ’n bouperseel langs Mbarhayistraat gesien. Die mans was glo besig om bakstene te steel en op die bakkie te laai.

Volgens Cola het die mans weggehardloop toe hulle die polisie sien. Die polisie kon twee van hulle aankeer.

Een van die mans wat weggehardloop het, het egter teruggekeer om sy makkers te help bevry. Hy het op die polisielede begin skiet. Die polisie het teruggeskiet en die man is in sy maag gewond.

Die polisie het die gewonde man deursoek terwyl hulle op ’n ambulans gewag het en vasgestel dat hy Zukile Ngalo is, ’n sersant verbonde aan Khayelitsha se taktiese-reaksie-eenheid.

Die bakkie behoort glo ook aan die sersant.

Hy is na ’n hospitaal geneem, waar hy aan sy wonde dood is.

’n Bron het gesê die vuurwapen waarmee die oorledene op die polisie geskiet het, was sy dienspistool.

Die polisie het daarna in sy huis afgekom op ’n kragopwekker wat vroeër die maand in ’n huisroof in Khayelitsha gesteel is.

Die polisie het op die bouperseel op die Toyota-bakkie, ’n 9 mm-pistool, ’n magasyn met 13 patrone en twee patroondoppies beslag gelê.

Meer oor:  Opod  |  Kaapstad  |  Khayelitsha  |  Sersant  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.