Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Opod ondersoek polisie vir moord, verkragting en aanranding

Talle klagtes, waaronder moord en aanranding, is reeds sedert die staat van inperking Donderdag om middernag in werking getree het, teen die polisie aanhangig gemaak.

Sontaga Seisa, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), het Maandagaand in verklaring gesê talle klagtes is in verskeie provinsies teen die polisie aanhangig gemaak.

koronavirus, wetstoepassing, polisie, weermag
Wetstoepassers Maandag in Port Elizabeth. Foto: Lulama Zenzile

“Teen Maandag omstreeks 06:00 het Opod reeds 21 klagtes uit al die provinsies teen die polisie ontvang,” sê hy.

“In Gauteng word een polisielid vir moord ondersoek, terwyl twee polisielede in die Wes-Kaap ook weens moord ondersoek word.”

Seisa het gesê ’n polisielid in die Wes-Kaap word ook vir verkragting ondersoek.

Van die ander klagtes sluit die afvuur van ’n vuurwapen, asook aanranding in verskeie provinsies in.

Iemand in Gauteng het ook die polisie van korrupsie beskuldig.

Die publiek kan Opod, wat klagtes teen die polisie ondersoek, by die volgende nommers in hul provinsie kontak:

Oos-Kaap: 082 592 9888;

Vrystaat: 063 225 6081;

Gauteng: 076 455 5718;

KwaZulu-Natal: 079 895 2741;

Limpopo: 078 871 4811;

Mpumalanga: 072 881 4196;

Noord-Kaap: 064 624 8203;

Noordwes: 078 163 6874;

Wes-Kaap: 073 890 1269

Meer oor:  Polisiegeweld  |  Koronavirus  |  Opod  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.