Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Opod ondersoek polisielid in verkragtingsaak

Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek ’n polisielid in verband met ’n verkragting- en ontvoeringsaak.

Luidens ’n verklaring deur Opod het die misdaad tussen Vrydag 18 September en Dinsdag 22 September in Soweto gebeur.

“Daar word beweer dat die verdagte, sy meisie en haar vriendin saam in ’n taverne was, waarna hulle na sy se woonplek is. Die man en sy meisie se vriendin was glo alleen in ’n kamer en die man het glo op aggressiewe wyse seks van die slagoffer geëis,” sê Ndileka Cola, Opod-woordvoerder, in die verklaring.

Die drie het mekaar luidens die verklaring drie dae later weer in die taverne gekry en na die verdagte se huis gegaan.

“Die twee vroue is gyselaar gehou en die man het daarop aangedring om te weet waarheen sy meisie gegaan het op die dag toe hy haar vriendin glo verkrag het,” lui die verklaring.

Die polisie se gyselaaronderhandelaars en -taakspan is na die toneel ontbied. Die vroue is ná onderhandelings vrygelaat en die verdagte is in hegtenis geneem.

Hy verskyn Vrydag in die landdroshof in Protea, Soweto.

Meer oor:  Opod  |  Verkragtingsaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.