Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Opod bekyk skietdood van vrou tydens klopjag

Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek ’n voorval waartydens ’n 33-jarige vrou Donderdag doodgeskiet is gedurende ’n klopjag in Lamontville in KwaZulu-Natal.

Ndileka Cola, woordvoerder van Opod, sê die polisie het na bewering waarskuwingskote afgevuur. Die vrou is later dood aangetref agter een van die hutte in die Madlala-nedersetting.

“Sy het ’n skietwond gehad,” sê Cola.

Volgens Cola was die polisie besig met ’n klopjag om items terug te kry wat tydens die onlangse onrus gesteel is.

“Lede van die gemeenskap het die uitgange met klippe versper, die polisievoertuie se bande gesny en hulle aangeval voordat die waarskuwingskote afgevuur is,” sê Cola.

Meer oor:  Kzn  |  Opod  |  Ondersoek  |  Skietdood  |  Vrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.