Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Orania-onderwyser aangekla van seks met minderjarige

’n Onderwyser in Orania word daarvan aangekla dat hy seks met ’n minderjarige gehad het.

Volgens Carel Boshoff, voorsitter van die direksie van die Volkskool Orania, waar die man skoolgehou het, is die verdagte in hegtenis geneem ná ’n polisie-ondersoek.

Die man is onder streng voorwaardes op borgtog van R5 000 vrygelaat. Die saak gaan glo na ’n hoër hof oorgeplaas word.

Boshoff sê omstandighede van die beweerde voorval is onbekend aan hulle.

“Anje Boshoff, die skoolhoof, het op 16 September van die bewerings bewus geword van die polisie se kinderbeskermingseenheid se ondersoek nadat klagtes van kindermolestering by hulle ingedien is. Die polisie was ook by ander plekke in Orania om ondersoek in te stel.

“Die ondersoek hou nie met enige van die skool se bedrywighede of met aktiwiteite tydens skoolure of georganiseerde skoolbedrywighede nauurs verband nie.

Carel Boshoff, voorsitter van die direksie van die Volkskool Orania. Foto: Emile Hendricks

“Die verdagte was tydens die polisie se besoek uitstedig, maar het na Orania teruggekeer.

“Die hoof het onverwyld met die bestuurskomitee en voorsitter van die direksie vergader. Hulle het besluit dat die verdagte nie naby die skoolterrein mag kom of enige kontak met enige leerling mag hê nie.

“Die direksie bevestig dat enigiemand regtens die wet onskuldig is totdat hy of sy skuldig bevind is. Die skool moet egter enige verbandhoudende risiko’s vermy.

“Ons wil beklemtoon dat Orania se gemeenskapsinstellings en die Volkskool in besonder uit eie beweging vinnig en ondubbelsinnig op die saak gereageer het. Alle moontlike bystand word aan die ondersoek verleen.

“Dit is al inligting waaroor die skool beskik en wat die skool in staat is om te deel. Enige ander inligting is óf persoonlik van aard, óf berus op hoorsê en moet met die grootste oorleg gehanteer word.”

Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, het bevestig dat ’n man weens aanklagte van verkragting in die hof in Hopetown verskyn het en op borgtog vrygelaat is.

Meer oor:  Orania  |  Seksklagte  |  Onderwyser
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.