Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Orkney-gruvonds: Name by 12 lyke in sakke gevind
Lede van die polisie se forensiese afdeling Dinsdag op die toneel waar die lyke langs die Ariston-pad gevind is. Foto: SAPD

Die polisie in Noordwes probeer die naasbestaandes opspoor van 12 van die 20 mense wie se oorskot vroeër die week in die omgewing van Orkney gekry is.

“Daar is name of kontakbesonderhede by 12 van die lyke gevind,” het brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, Donderdag aan Netwerk24 gesê.

Volgens Mokgwabone het die ondersoekers besonderhede van die oorledenes op papier gekry in die wit sakke waarin hulle gevind is.

“Geeneen van hulle is tot dusver geëien nie, maar ons probeer om hul naasbestaandes op te spoor,” sê Mokgwabone.

Netwerk24 het vroeër berig 14 lyke is Dinsdag omstreeks 11:00 in wit sakke deur die polisie langs die Ariston-pad gevind. Dit volg nadat vyf lyke Maandagaand naby ’n ventilasieskag van skag 6 by die ou Orkney-myn gekry is. Die ventilasieskag is naby die Lourenspark-woonbuurt in Orkney. ’n Sesde lyk is Dinsdag ook daar ontdek.

Die polisie se forensiese afdeling het die lyke vir lykskouings geneem sodat die oorsaak van hul dood bepaal kan word.

Onwettige mynbedrywighede, veral by skag 6, vier hoogty in Orkney sedert die myn ’n paar jaar gelede gesluit het.

Meer oor:  Orkney  |  Gruvonds
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.