Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Oud-Grey in huis in Stellenbosch vermoor

’n Oudleerling van Grey-kollege in Bloemfontein en voormalige kaptein van die Shimlas-rugbyspan is Dinsdag in die vroeë oggendure in ’n huisrooftog by sy huis in Brandwacht, Stellenbosch, verskeie kere met ’n skerp voorwerp gesteek.

Piet Verster

Piet Verster (44), 'n streeksbestuurder van Absa, is op die toneel dood.

Verster is dood terwyl hy sy vrou, Adele, en twee kinders (14 en 3) teen die twee mans wat by hul huis ingebreek het, probeer beskerm het, luidens ’n inskrywing deur ’n vriend op Facebook. 

Adele is 'n onderwyseres van die Laerskool Eikestad.

Verster se oom, Harold Verster, die Cheetahs se uitvoerende hoof, sê 'n paar rowers het omstreeks 03:00 toegang tot die gesin se huis gekry. "Piet het hulle betrap en hy is verskeie kere met 'n mes gesteek." 

Hy sê Verster se 14-jarige se seun is in die wang met 'n mes gesteek toe hy met gholfstokke op die aanvallers afgestorm het. Sy kakebeen is glo ook afgeslaan.

Volgens Harold was die gesin besig met verbouings by hul huis.

"Dit is verskriklik hartseer vir ons. Piet was 'n fantastiese jong man. Hy was 'n hoogs gekwalifiseerde bankier en gewilde sakeman." 

Die seun, Verster se vrou en hul jonger kind word in ’n plaaslike hospitaal behandel. 

Sers. Noloyiso Rwexana, ‘n polisiewoordvoerder, het bevestig dat die polisie klagte van moord en huisroof ondersoek.

Die vermoede is dat die mans vroeër betrokke was by die verbouings aan die huis en geweet het die huisalarm is nie aan nie.

Die polisie is nog op die toneel. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

'n Plaaslike veiligheidsmaatskappy was eerste op die toneel, nadat 'n inwoner van Brandwacht Adele se hulpkrete gehoor het.

Kol. Deon Beneke, Stellenbosch se speurhoof, was self op die toneel. Foto: Maygene de Wee
Die misdaadtoneel in Brandwacht, Stellenbosch. Foto: Maygene de Wee

Meer oor:  Absa  |  Piet Verster  |  Stellenbosch  |  Roof  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.