Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Oud-nuusman buite Calitzdorp vermoor
Lourens de Villiers Foto: Facebook

Die uitsaaiwese is geskok ná die moord op ’n oud-nuusregisseur van die SAUK.

Lourens de Villiers (66) is Dinsdag voor sy huis buite Calitzdorp in die Klein-Karoo dood aangetref.

Sers. Chris Spies, polisiewoordvoerder, sê hulle is omstreeks 16:00 ontbied en het op De Villiers se lyk afgekom.

“Die toneel is vir leidrade gefynkam en die motief vir die moord word ondersoek. Die ondersoek is in ’n baie vroeë stadium en niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

De Villiers se familie het onraad vermoed toe hulle hom nie in die hande kon kry nie.

Hy het die Visarend-eko­kamp buite Calitzdorp bestuur en alleen gewoon.

Hoewel daar nie goeie selfoonontvangs is in die kampeer- en woonwapark nie, kon sy familie deur WhatsApp in kontak met hom bly.

“Ons het ’n WhatsApp-familiegroep. Die naweek het ons gesien Lourens het die groep skielik verlaat. Dit was vir ons vreemd. Ons het hom probeer kontak, maar kon hom nie in die hande kry nie,” sê die familie.

Toe hulle teen Dinsdag steeds niks van hom hoor nie, het hulle die polisie gebel om ondersoek in te stel. Dié het toe op sy lyk afgekom. Sy bakkie was weg, maar is blykbaar later gekry.

“Die polisie wou nie vir ons sê hoe hy vermoor is nie,” sê hulle.

De Villiers was volgens sy familie baie lief vir diere. Hy was ’n weldoener van die dierewelsynsorganisasie Friends of Calitzdorp Animals (FOCA), en sy drie honde, Bella, Gigi en Lady, word op versoek van sy familie deur vriende van die organisasie versorg. FOCA sê dit duidelik dat die honde deur die voorval getraumatiseer is.

Talle mense, onder wie die veteraan-omroeper Cobus Bester, het oor De Villiers se dood op Facebook geskryf. Die Raad van Militêre Veteraneorganisasies het ook op Facebook medelye met Villiers se familie betuig.

Volgens die familie is hulle besig om ’n gedenkdiens te reël.

Meer oor:  Calitzdorp  |  Lourens De Villiers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.