Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Oud-Springbok oorleef vierde aanval op fiets

’n Oud-Springbok-fietsryer, Wimpie van der Merwe, waarsku ander fietsryers om versigtig te wees nadat hy Vrydagoggend vroeg aangeval is op die pad tussen die Strand en Gordonsbaai.

Die voorval het knap voor 06:00 gebeur, sowat 1 km van waar Van der Merwe en ’n fietsry-maat vroeër ook aangeval is.

“Dit is die vierde aanval wat ek oorleef,” sê hy.

aanval, fietsryer
Die deel van die pad waar Wimpie van der Merwe aangeval is. Foto: Facebook

Hy het ook oor die voorval op Facebook geskryf. Volgens hom het twee mans van in hul laat 20’s langs die pad by ’n voetoorgang gestaan. Toe hy so 20 m van hulle was, het een van hulle in die pad ingeloop.

Van der Merwe het 15 m van hulle af gestop en toe storm hulle op hom af. “Die een het ’n stok met ’n lem van so 40 cm vooraan gehad,” sê hy. Hy kon nie omdraai nie en het vorentoe gery. Die lem het hom net-net gemis en die man het toe die stok agter hom aangeslinger.

“Die ander man het my probeer skouer, sê hy. “Gelukkig het ek regop op my fiets gebly.”

Volgens hom het die mans agter hom aangehardloop maar hy was buite hul bereik en het hulle afgeneem. Die een het ’n rooi baadjie met ’n kappie aangehad en die een met die lem ’n donker bostuk en ligte broek.

Van der Merwe sê hy het verder gaan oefen en in Gordonsbaai twee fietsryers op pad terug van voor af teëgekom. Hy wou hulle waarsku. Dit blyk toe dié fietsryers is ook deur dieselfde twee mans aangeval. “Die een is oor sy rug geslaan,” sê hy.

Van der Merwe sê hy kan homself verdedig teen boosdoeners, maar is hy bekommerd oor vroue en kinders wat kwesbaar is.

Hy sê die voorvalle vind vroegoggend plaas wanneer die polisie skofte ruil. Die voorval is by die polisie aangemeld. Dit blyk dat die twee nog nie in hegtenis geneem is nie.

Volgens Van der Merwe is die hele Rooi-Els-gebied baie gewild onder stappers, fietsryers en drawwers en moet misdadigers nie toegelaat word om dit vir mense te bederf nie.

* Die polisie is om kommentaar genader. Sodra dit ontvang word, sal dit bygewerk word.

Meer oor:  Gordonsbaai  |  Strand  |  Aanval  |  Fietsryer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.