Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Oud-Springbok se seun vermoor
Steven Muller

Oud-Springbokkaptein, Hennie Muller, se seun is Vrydagaand wreed in sy huis in Brackenfell vermoor.

Die afgetrede Steven Muller (64) se lyk is na bewering met ernstige kopwonde gevind. Dis nog onbekend wat die moordwapen was.

Steven het waarskynlik sy moordenaar geken, sê sy broer, Len Muller. “Die polisie is nog besig met die ondersoek, maar ons vermoed dis iemand wat op sy perseel of die perseel langs hom gewerk het. Die spesifieke werker was Vrydag nogal klaerig. Daar was ook geen tekens van ’n inbraak nie, so ons vermoed hy het óf deur die skuifdeur in die studeerkamer ingekom, óf my broer het vir hom oopgemaak omdat hy hom geken het.”

Muller vertel die buurman het gesien hoe ’n vreemde man met sy broer se motor uitry. Hy het diefstal vermoed, die motor agterna gesit en dit van die pad afgetrek. Dáár het hy glo die verdagte aangehou totdat die polisie hom in hegtenis kon neem.

“Dis eers toe dié buurman, ’n sakeman wat Steven goed geken het, teruggaan na Steven se huis wat hy en Joy (Steven se vrou) op sy lyk afgekom het,” sê ’n baie hartseer Muller. “Dit gaan nie goed met Joy nie, maar sy is ’n sterk vrou.”

Die een hondjie is later in die wasmasjien gevind en die ander een in die toilet. Die hondjie in die wasmasjien het oorleef, maar dit is nog nie duidelik of die ander hondjie oorleef het nie.

Muller vertel verder sy broer se twee hondjies, ’n Maltese poedel en ’n Jack Russel, was ook weg. Die een hondjie is later in die wasmasjien gevind en die ander een in die toilet. Die hondjie in die wasmasjien het oorleef, maar dit is nog nie duidelik of die ander hondjie oorleef het nie.

Len Muller, broer van die vermoorde Steven Muller. Foto: Facebook

“Ek kan dit nie verstaan nie. Daar het ’n klomp toerusting soos die televisie in die gang gestaan, reg vir oplaai. My broer sou sy logika gebruik het en hulle nie té veel teengegaan het nie. Hoekom was dit nodig om hom dood te maak?” vra ’n verslae Muller.

“Ons familie is baie ná aan mekaar. Albei my broer se seuns werk op skepe. Die een uit Amerika is gelukkig reeds hier. Die seun uit Engeland is op pad na Suid-Afrika.”

Steven was voorheen die eienaar van Bonnie Motors in Brackenfell-boulevard.

Die pa van Len, Steven en Melanie, Hennie Muller, het van 1949 tot 1953 vir die Springbokke gespeel en het op die toer van 1951-2 die kapteinskap by die beseerde Basil Kenyon oorgeneem. Hy het 13 toetse gespeel. Sy bynaam was “Windhond” en hy het agtstemanspel tot ’n heel nuwe vlak geneem. Hy is in April 1977 op 55 jaar oorlede.“

Volgens kapt FC van Wyk, polisiewoordvoerder, staan die 31-jarige verdagte tereg op aanklagte van moord en motordiefstal. Hy sal Maandag in die Blue Downs Landdroshof verskyn.”

Meer oor:  Steven Muller  |  Springbok  |  Rugby  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.