Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Oud-WP-fietsryer (55) aangeval, van fiets beroof in PE
Werner Wiehart

Ooggetuies word gevra om met inligting na vore te kom nadat ’n voormalige WP-fietsryer, Werner Wiehart (55), Vrydag aangeval en van sy fiets beroof is in Marinerylaan by Schoenmakerskop in Port Elizabeth.

Volgens die Facebook-blad van die nieregeringsorganisasie Stay Wider of the Rider is Wiehart van sy fiets, beursie en selfoon beroof deur ses jeugdiges wat glo uit die bosse langs die pad gespring en hom aangeval het.

Die aanvallers het blykbaar weggehardloop en is vermoedelik deur ’n bakkie opgelaai. Motoriste het glo stilgehou en hom te hulp gesnel.

Die polisie het in ’n verklaring gesê die voorval Saterdag is deur die fietsryer se vrou aangemeld. Die vrou het aan die polisie vertel dat haar man Vrydag omstreeks 12:00 in Marinerylaan gery toe hy aangeval en van sy fiets beroof is. Hy het veelvuldige beserings opgedoen en is tans in die hospitaal.

Die polisie ondersoek volgens ’n verklaring ’n saak van roof en moet ook vasstel of ander items gebuit is.

Die fiets wat gesteel is.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, ’n polisiewoordvoerder, sê by navraag die presiese omstandighede rondom die voorval is nog onbekend, soos hoeveel aanvallers daar was en of die man met ’n mes of vuurwapen aangeval is. Die polisie moet nog ’n onderhoud met die man voer. “Ons kon nog nie met die man praat nie omdat hy in die hospitaal is.”

Volgens die polisie sal getuies se inligting vertroulik hanteer word en mag mense anoniem bly. Die gesteelde fiets is ’n grys padfiets. Mense met inligting kan die ondersoekbeampte, kapt. Estelle Edwards, by 079 520 3256 skakel.

Die gebied is glo berug vir sulke aanvalle, volgens Stay Wider of the Rider se Facebook-blad. In Junie vanjaar is ’n fietsryer op ’n soortgelyke wyse beroof van sy fiets van R150 000. Fietsryers word gewaarsku om nie alleen te ry nie, veral in gebiede rondom Victoriastraat, afgesonderde dele van Marinerylaan en Sardiniabaai. Mense het op Facebook hul skok oor die voorval uitgespreek. Volgens die Facebook-blad Safe Cycle PE sluit Wiehart se beserings gekraakte ribbes in.

55-year-old Werner Wiehart an ex top WP cyclist, was robbed of his bicycle, wallet and cellular phone on the picturesque...

Posted by Stay Wider of the Rider on Friday, 23 October 2020

An update on Werner Wiehart (the victim in this terrible incident...

Posted by SAFE CYCLE PE on Saturday, 24 October 2020


Meer oor:  Schoenmakerskop  |  Pe  |  Beroof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.