Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Oudhoë van Maties glo vas weens bedrog

Die Valke het Chris de Beer, voormalige adjunkhoof van studentegeld aan die Universiteit Stellenbosch (US), glo weens beweerde bedrog in hegtenis geneem.

Die eenheid wou nie bevestig dat dit De Beer is wat in hegtenis geneem is nie, maar sê wel dat die verdagte gedagvaar is om op 18 Maart in die gesentraliseerde handelshof in Bellville te verskyn.

Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke in die Wes-Kaap, het bevestig dat die inhegtenisneming op 27 Februarie plaasgevind het en dat dit in terme van ’n J-175-hofdagvaarding uitgereik is.

“Ons kan bevestig dat ons ’n inhegtenisneming gedoen het, maar ons gaan nie die verdagte se naam bekend maak totdat hy in die hof verskyn het nie,” sê hy.

Nkwalase sê wel die verdagte is aangekla weens ’n reeks aanklagte van bedrog en geldwassery.

Ons kan bevestig dat ons ’n inhegtenisneming gedoen het, maar ons gaan nie die verdagte se naam bekend maak totdat hy in die hof verskyn het nie.

Volgens die Valke is die verdagte opdrag gegee om in die hof te verskyn, maar hy word nie aangehou nie.

Adriaan Basson, redakteur van News24, berig dat twee verskillende bronne bevestig het dat dit wel die voormalige US-werknemer is wat aangekeer is.

Die bedrogsaak wat die Valke ondersoek, word glo verbind met die saak van Jurie Roux, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru).

De Beer is in 2012 deur die US afgedank nadat daar glo in ’n forensiese ondersoek bevind is hy en Roux, destyds finansiële direkteur van die US, het saamgewerk om R21 miljoen van die US se reserwe-geld na die Maties-rugbyklub oor te dra.

Volgens News24 is die geld na bewering gebruik om die uitgawes van rugbyspelers, soos Peter Grant, Juan de Jongh en Ernst Joubert, te dek.

’n Siviele eis van meer as R32 miljoen deur die US vir skade wat gely is weens die beweerde bedrieglike gedrag staar De Beer en Roux ook in die gesig.

Dié saak sal op 13 Mei in die hooggeregshof in Kaapstad aangehoor word.

Roux word daarvan beskuldig dat toe hy destyds

in diens van die US was, hy glo etlike miljoene

rande op onregmatige wyse na die Maties-rugbyklub gekanaliseer het.

Roux het toe die aanklagte teen hom ontken.

Die US sê by navraag: “Die universiteit is nie ingelig oor die jongste verwikkelinge nie, maar dit is verblydend om te hoor dat vordering gemaak word in die saak.”

’n US-bron het Dinsdagaand gesê dat Roux in der waarheid daarop aangedring het dat De Beer by hom moet oorvat as voorsitter van die Maties-rugbyklub.

“Hy is uiteindelik geskors deur die US se menslikehulpbronnedepartement, wat die kwessie aan die kaak gestel het.”

Die universiteit is nie ingelig oor die jongste verwikkelinge nie, maar dit is verblydend om te hoor dat vordering gemaak word in die saak.

Daar is vroeër berig dat De Beer na bewering geld van die studenterekeninge na ’n persoonlike bankrekening oorgeplaas het terwyl hy die adjunkdirekteur van studentegeld was.

Die aantygings teen Roux en De Beer spruit uit ’n verslag deur die ouditmaatskappy KPMG oor beweerde ongerymdhede in die US se studentegeldkantoor.

KPMG het in sy verslag bevind dat Roux die US se finansiële stelsels tussen 2002 en 2010 gemanipuleer het en onregverdige en onregmatige finansiering van etlike

miljoene rande uit die universiteitsreserwes na die Maties se rugbyklub oorgedra het vir “algemene uitgawes” en beurse.

Daar is glo na die geld as “sparries” verwys.

Meer oor:  Maties  |  Jurie Roux
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.