Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Oudhotelbaas in slaapkamer vermoor
Roelf van der Merwe en sy vrou, Elmarié. . Foto: Verskaf

Die drie aanvallers in hul slaapkamer wou weet “waar is jul hotel se geld?” voordat hulle Roelf van der Merwe (68) Vrydagoggend doodgesteek het.

Sy vrou, Elmarié (67), is gedreig en aangerand voordat die drie vuurwapens en kontant geroof en toe met die egpaar se voertuig gevlug het.

Die Van der Merwes het die Herberg-hotel op Oranjeville besit voordat hulle dit verkoop het, sê Thinus Rossouw, die egpaar se skoonseun. Hy is getroud met Corné, Elmarié se dogter uit ’n vorige huwelik.

Hy sê die familie en inwoners van Oranjeville is geskok en verslae, “want dit gebeur nie sommer op sulke klein plekkies nie”.

Hy sê sy skoonma is nou by hulle aan huis in Oranjeville en hulle het reeds traumaberading vir haar gereël.

Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, sê ’n klag van moord en huisbraak word ondersoek.

Rossouw die drie misdadigers het Vrydag omstreeks 03:00 toegang tot die huis gekry en sy skoonouers in hul slaapkamer oorval.

“Hulle het net Engels gepraat, wat vreemd is, want die mense hier praat nie Engels nie. Hulle het ook gevlug op ’n pad waaraan nog gewerk word. Ons vermoed dat hulle van elders was,” sê Rossouw.

Rossouw sê sy skoonpa word ook oorleef deur sy seun, Charl, ’n prokureur in Pretoria, en Jaco, ’n siviele ingenieur in Maputo, en vyf kleinkinders.

Hulle het net Engels gepraat, wat vreemd is, want die mense hier praat nie Engels nie. Hulle het ook gevlug op ’n pad waaraan nog gewerk word. Ons vermoed dat hulle van elders was

Mbambo sê Van der Merwe het probeer stoei met een van die mans, maar is vier keer met ’n mes gesteek. Sy hande en voete was vasgebind en hy is op die grond gelos.”

Hulle het Elmarié toe gedreig en geld geëis. Sy het hulle na die motorhuis gebring waar die kluis is. Hulle was egter nie tevrede met die bedrag geld in die kluis nie en het ook ’n vuurwapen geneem.”

Hulle het ook ’n vuurwapen uit ’n ander kluis gevat.

“Hulle het toe haar hande en voete vasgemaak en haar op die bed gelos, maar sy het haarself losgekry en hulp ontbied.”

Mbambo sê Van der Merwe is op die toneel dood verklaar toe die polisie daar opdaag.

Die verdagtes het gevlug met ’n onbekende bedrag geld en twee pistole in die Van der Merwes se Volkswagen Polo met registrasienommer HGX 515 FS.

Enigiemand met inligting word gevra om kapt. Patience Mahlatsi by 082 465 3012 te bel.

Hulle kan ook die misdaadvoorkomingsnommer 08600 10111, skakel of inligting deur die MySAPS-app aanstuur.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.