Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Oudjoernalis vas vir dronkbestuur
Gavin Prins, voormalige joernalis, skrywer en televisieaanbieder, is Sondag in Sandton op ’n klag van dronkbestuur in hegtenis geneem.Foto: Facebook

Gavin Prins, voormalige joernalis, aanbieder van die destydse skinderprogram Tonge Los en skrywer van die boek Joost & Amor wat oor die ontslape Springbokrugbyspeler en sy vervreemde vrou handel, is Sondag in Sandton op ’n klag van dronkbestuur in hegtenis geneem.

“Ek kan bevestig dat Prins Sondag omstreeks 23:50 vir dronkbestuur in die sakekern van Sandton in hegtenis geneem is. Hy is Maandag op borgtog van R1 000 vrygelaat en het Dinsdag in die landdroshof in Randburg verskyn,” het kapt. Granville Meyer, polisiewoordvoerder van Sandton, Dinsdag by navraag gesê.

Prins het saam met Loui Fish, ’n voormalige model, en Eagan Williamson die skinderprogram Tonge Los op televisie oor die skandes van bekendes aangebied.

Prins, wat sy eie openbarebetrekkinge- en kommunikasiemaatskappy bedryf, is verskeie kere vir kommentaar genader, maar het teen spertyd nog nie op oproepe gereageer nie.

Meer oor:  Sandton  |  Johannesburg  |  Inhegtenisname  |  Dronkbestuur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.