SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Misdaad
Oudminister Bongani Bongo op borgtog vrygelaat
Bongani Bongo. Foto: Tebogo Letsie
Netwerk24 Foto: Tebogo Letsie

Bongani Bongo, oudminister van staatsveiligheid, het Donderdagoggend vlugtig op een aanklag van korrupsie in die landdroshof in Kaapstad verskyn.

Hy is op borgtog van R5 000 vrygelaat. Hy moet weer op 31 Januarie 2020 in die hof verskyn.

Die aanklag hou verband met die beweerde omkopery van adv. Ntuthuzelo Vanara, getuienisleier in die parlementêre ondersoek na Eskom.

Bongo het Vanara glo 'n blanko tjek aangebied om die ondersoek in die wiele te ry.

Vanara het destyds 'n beëdigde verklaring aan die speaker van die parlement se kantoor geskryf waarin hy die speaker ingelig het oor Bongo se beweerde optrede.

Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die NVG in die Wes-Kaap, het Donderdagoggend aan Netwerk24 gesê Bongo het aangedui hy gaan vertoë rig aan die nasionale direkteur van openbare vervolging met redes waarom hy nie vervolg moet word nie en gaan aanvoer dat die aanklag teen hom hersien moet word.

Ingevolge sy borgtogvoorwaardes mag Bongo nie kontak maak met die getuies in die saak nie.

Hy moet twee weke voordat hy reis die polisie oor sy planne inlig.


Bongani Bongo, oudminister van staatsveiligheid, is deur die Valke in hegtenis geneem op aanklagte van korrupsie.

Hangwani Mulaudzi, Valke-woordvoerder, het bevestig 'n senior ANC-lid en lid van die parlement verskyn Donderdagoggend in die landdroshof in Kaapstad, maar het Bongo nie by name genoem nie.

Bulelwa Makeke, hoofdirekteur: kommunikasie van die nasionale vervolgingsgesag, het aan Netwerk24 bevestig Bongo is in hegtenis geneem.

Bongo is in Julie vanjaar aangestel in die portefeuljekomitee oor binnelandse sake nadat hy nie by pres. Cyril Ramaphosa se kabinet ingesluit is nie.

Wie is Bongani Bongo?

• Die ANC-agterbanker is in die vorige termyn deur Zuma as minister van staatsveiligheid aangestel.

• Hy is van Dennilton, Mpumalanga, waar hy met studentepolitiek begin het en ANC-jeugligavoorsitter in 2003 geword het.

• Hy was ’n oud-adviseur van die premier van Mpumalanga van 2012 tot 2014 voordat hy parlement toe is.

• Hy het destyds in die portefeuljekomitees van verdediging en militêre veterane, sowel as van justisie, gedien.

• Hy was egter in omstredenheid gedompel toe hy na bewering die parlement se Eskom-ondersoek in die wiele wou ry omdat hy die getuienisleier in daardie ondersoek met ’n blanko tjek wou omkoop.

* Hierdie berig is aangepas sedert dit aanvanklik gepubliseer is om die jongste verwikkelinge in te sluit.

Meer oor:  Bongani Bongo  |  Hof  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.