Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Oudpolisielid vas oor seksuele aanranding, kinderporno

’n 65-jarige man, glo ’n voormalige senior polisielid in Kaapstad, is Dinsdag in hegtenis geneem in verband met klagte van seksuele aanranding en die besit van kinderpornografie.

Brig. Novela Potelwa, provinsiale polisiewoordvoerder, het Sondag gesê die man het op dieselfde dag in die hof verskyn en borgtog is aan hom toegestaan.

Hy sal op 25 Januarie 2021 weer in die hof verskyn. Dit kon Sondag nog nie bevestig word of die man al op die aanklagte gepleit het nie.

Intussen het die man se seun vandeesweek op sosiale media bekend gemaak dat sy pa, ’n voormalige stasiebevelvoerder in Kaapstad, hom na bewering jare lank seksueel aangerand het, sedert hy ses jaar oud was.

Die seun het in ’n plasing geskryf dit het hom “30 jaar van ’n gebroke hart en trane geneem om uiteindelik ’n manier te vind om dié wrede monster te ontbloot”.

Die man se seun het op sosiale media bekend gemaak dat sy pa, ’n voormalige stasiebevelvoerder, hom na bewering seksueel aangerand het sedert hy ses jaar oud was.

“Die seksuele mishandeling het dalk gestop toe ek 12 jaar oud was, maar die sielkundige mishandeling en dreigemente het tot verlede jaar voortgeduur.”

Luidens die plasing het die seun se pa vroeër vanjaar gevra dat hy hom kom versorg in sy woonstel in ’n woongebied teen die voet van Tafelberg.

Dit is toe dat die seun op bokse DVD’s in die woonstel afgekom het, wat na bewering nie net beeldmateriaal van hom as kind nie, maar ook ander kinders bevat het. Sy pa het glo gevra dat hy dié bokse vernietig.

Die seun sê die inhegtenisneming Dinsdag kom nadat hy sewe maande lank met die polisie saamgewerk het “en die hele pynlike ervaring oor en oor moes herleef”.

Hy het geskryf dat hy nie simpatie soek nie, maar geregtigheid.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.