Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Oudraadslid by kitsbank in Heidelberg beroof

’n Bekende in onderwyskringe en ’n voormalige wyksraadslid van Heidelberg in die Wes-Kaap sterk goed aan nadat sy by ’n kitsbank met ’n mes gesteek en beroof is.

Annelene Hartnick. Foto: Clive Pretorius

Annelene Hartnick is op Saterdag 18 Maart kort ná 20:00 by die FNB-kitsbank in Van Riebeeckstraat, Heidelberg, deur ’n 18-jarige man oorrompel, met ’n mes gedreig en van haar selfoon beroof.

Hartnick is in die rooftog in die boarm gesteek en die wond is in die Riversdal-hospitaal met drie steke geheg.

Volgens Hartnick het sy uit Kaapstad teruggekeer waar sy saam met ’n dramagroep op ’n besoek aan die Baxter-teater was.

“Ek het die taxi se geld vir die vervoer vir die eienaar gaan deponeer toe die man met ’n klapmus op my toesak.”

Hartnick sê sy het hard begin skreeu toe die man haar van agter beetkry en begin wurg.

“Ek dink my geskreeu het hom ietwat afgeskrik en hy het toe net my selfoon uit my hand gegryp en op ’n fiets weggejaag.”

Volgens Hartnick is sy erg bekommerd oor die toename van misdaad, veral inbrake en rooftogte, in die dorp.

“Ons dorp wat eens so rustig was, word nou bedreig deur misdadige elemente en ons word as gyselaars deur die boosdoeners aangehou,” sê sy.

Volgens Hartnick is sy ook bekommerd oor die impak van misdaad op die toerismebedryf in die Hessequa-streek.

’n Man is intussen in verband met die voorval in hegtenis geneem en sou in die plaaslike landdroshof verskyn het op aanklag van roof en aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Meer oor:  Heidelberg  |  Beroof  |  Kitsbank  |  Selfoon
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.