Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Oudregsman dalk ook in Siemens-moordsaak aangekla

’n Voormalige advokaat van Bloemfontein kan dalk as ’n medepligtige in die opspraakwekkende Siemens-moord aangekla word.

Karabo Tau (40), wat sowat nege jaar gelede van die rol van advokate geskrap is omdat hy oneties en onprofessioneel opgetree het, moet nou nog ’n week agter tralies bly nadat sy aansoek om borgtog uitgestel is.

Louis Siemens

Dit geld ook vir sy medebeskuldigde, Sizwe Mpati (36), in wie se BMW die vuurwapen glo gekry is wat gebruik is om Louis Siemens op 10 Mei koelbloedig in die kelder van die Prellerplein-sentrum in Dan Pienaar dood te skiet.

Albei mans word tot dusver in ’n onverwante saak van ontvoering aangekla.

Johan de Vries het Donderdag namens die staat voor landdros Vuyelwa Mahamba betoog nog aanklagte kan bygevoeg word en hulle kan moontlik by die vier huidige beskuldigdes in die Siemens-moordverhoor gevoeg word.

Hy sê die ander twee verdagtes in die ontvoeringsaak het blykbaar snuf in die neus gekry en gevlug.

De Vries sê nadat die semi-outomatiese vuurwapen wat in die BMW gevind is, getoets is, is dit met die Siemens-moord verbind.

Tau het die hof gevra om hom te beskerm. Hy sê die nasionale vervolgingsgesag misbruik die hofproses. “Hulle weet daar is niks wat my met die saak verbind nie.”

Die klaer in die ontvoeringsaak wou nie voortgaan met sy klagte nie en dit is laat vaar. Die aanklaer weet die vuurwapen is in die ander motor gekry en nie in syne nie, het ’n omgekrapte Tau gesê.

Stanley Bakili (37), die vermeende baasbrein in die Siemens-moord, konst. Kagisho Ishael Chabane (39), ’n hofordonnans in die landdroshof, en konst. Molebatsi Mogoera (40) ’n speurder van die Bayswater-polisiekantoor, se aansoek om borgtog word vroeg in 2019 voortgesit.

Kapt. Moeketsi Lesia, speurtakbevelvoerder van die polisiekantoor in Bayswater, is reeds op borgtog van R10 000 vrygelaat.

Meer oor:  Karabo Tau  |  Bloemfontein  |  Siemens-Moordsaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.