Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Oudrektor kry gesteelde tjello toe student dit wou verkwansel

Die gesteelde tjello van prof. Frederick Fourie, oudrektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV) in Bloemfontein, is by ’n voormalige musiekstudent in die stad gevind.

Vier maande nadat Fourie se tjello van R60 000 gesteel is, is dit by ’n studentehuis in Parkwes gevind.

Die Italiaans vervaardigde Enzo Lassi-tjello was 51 jaar lank Fourie se eerste en enigste tjello. Dit is gesteel ná ’n uitvoering van die Vrystaatse Simfonieorkes in September in die Odeion-teater op die kampus van die UV. Fourie was ’n gasheer van ’n geselligheid ná die konsert en hy het sy tjello agter die verhoog gelos.

Fourie, voorsitter van die Vrystaatse Simfonieorkes (FSSO), sê die afgelope paar dae was vir hom baie traumaties nadat die tjello vermoedelik uitgesnuffel is.

Hier speel prof. Frederick Fourie (tweede van regs) op sy geliefde tjello vir die Vrystaatse Simfonieorkes. Arend Brink (heel links), sy vriend en kollega, het Fourie in kennis gestel van die advertensie van ’n tjello wat op Facebook verskyn het. Die tjello op die advertensie is geïdentifiseer as dié van Fourie wat in September gesteel is.

Arend Brink, ’n kollega en vriend van Fourie, het hom Maandagoggend van ’n advertensie op Facebook in kennis gestel. In die advertensie staan ’n oorgeverfde tjello wat teen R6 000 te koop is.

“Hoewel dit geverf is, kon ek dadelik sien dit is my tjello,” sê Fourie.

Brink het dadelik op die advertensie gereageer om te hoor of dit nog beskikbaar is. Die adverteerder, wat gereeld studentebehuising op Facebook adverteer, het aanvanklik geantwoord en gesê dat die tjello nog beskikbaar is. Kort daarna het sy laat weet dat dit verkoop is.

tjello
Die advertensie wat deur ’n studentebehuisingsagent op Facebook geplaas is. Die agent sê dat een van haar loseerders haar gevra het om die tjello namens hom te adverteer.

Die Italiaans vervaardigde Enzo Lassi-tjello was vir 51 jaar prof. Frederick Fourie se eerste en enigste tjello. Die tjello is in September gesteel en is vroeg in Januarie opgespoor danksy ’n advertensie wat op Facebook verskyn het. So lyk die tjello, wat deur die dief geverf is om dit te vermom.Foto: Facebook

Fourie sê dat hy die hulp van die opsporingseenheid van die Parkweg-polisiekantoor in Bloemfontein ingeroep het.

“Hulle het met die adverteerder kontak gemaak wat vertel het ’n student wat in een van haar studentehuise bly, het haar gevra om die instrument te adverteer.”

Met die adverteerder se hulp kon hulle die verdagte identifiseer en opspoor.

Konst. L.L. Mokau en konst. T.D. Makhura het die 25-jarige musiekstudent van die UV by sy huis ingewag en die tjello by hom gekry. Hy is in hegtenis geneem vir diefstal en vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.

Fourie sê dit is ongelooflike nuus om te hoor dat sy tjello ná vier maande weer gevind is.

“Ek is wel teleurgesteld dat dit geverf is, dit wys dat die tjello sonder respek hanteer is. Ek sal professionele mense moet kry sodat ons die verf kan afhaal sonder dat ons die instrument beskadig.”

Fourie, wat uitstedig is en nog nie self weer sy tjello kon vashou nie, is baie opgewonde om weer met die geliefde instrument herenig te wees.

Meer oor:  Gesteel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.