Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ouers soek nou geregtigheid vir seun (5) se dood
Blomme en foto’s vir klein Ethen wat deur rowers doodgeskiet is.Foto: Facebook
Ethen Fikirini (5)Foto: Facebook
Ethen en sy ma, Sophie Fikirini. Foto: Facebook

’n Vyfjarige seuntjie is Sondag begrawe nadat hy in ’n rooftog in sy ouers se huis in Fairways geskiet is.

Klein Ethen Fikirini is Sondag ’n week gelede gewond in die rooftog en is in ’n kritieke toestand na die hospitaal gebring. Hy het twee operasies ondergaan, maar kon nie gered word nie.

Sy ma, Sophie Fikirini, sê drie gewapende mans het by hul huis in ’n kompleks in Fourways, noord van Johannesburg, ingebreek.

Die gesin het omstreeks 20:30 geëet waarna haar man, Kilonge, gaan TV kyk het en sy het die kombuis skoongemaak.

Toe sy die agterdeur oopmaak, het sy iemand in die tuin sien lê. Sy het die deur dadelik toegemaak en het haar man ingelig. Nog ’n man het agter die skuifdeur gestaan en ’n derde een het deur die kombuisvenster ingekom.

“Ek en my man het om hulp geskreeu. Toe begin hulle skiet. Terwyl my man en seun na die garage gehardloop het, is ek na die veiligheidswagte.

“Ons het nie besef my seun is geskiet nie. Ek was toe reeds by die hek en het net geskree.”

Sy het in trane vir die veiligheidswagte gesê daar is rowers in haar huis. Hulle wou glo die heeltyd weet wat gebeur het en al wat sy kon uitkry, is dat daar rowers in haar huis is. Sy het vir hulle gesê waar haar huis is.

“Die veiligheidswagte het niks gedoen nie. Ons het met ons eie oë gesien hoe die rowers ons goed uitdra.”

’n TV-stel en drie fone is gesteel.

Kringtelevisiemateriaal wys glo dat die rowers nie deur die elektriese heining gekom het nie, maar die veiligheidswagte se hek. “Jy kan sien hulle is gemaklik.”

’n Buurman het haar en haar gesin na die Fourways Life-hospitaal gebring toe hulle besef Ethen is geskiet.

“Die dokters het hul bes gedoen om my seun se lewe te red. My seun het baie bloed verloor, maar daar was ’n tekort aan bloed. Hy is toe per helikopter na die Sunninghill-hospitaal gebring,” sê Sophie.

Dit was om 23:30. Ethen was tot 03:00 in die teater en ná die operasie het ’n dokter vir sy ouers gesê hy haal self asem.

Hy het ’n terugslag gekry en moes weer geopereer word.

Sophie het aan die slaap geraak nadat die dokter haar pille gegee het. Toe sy vroegoggend wakker word, het die dokter haar kom roep om Ethen te kom groet.

“Hy het toe verduidelik die koeël het my seuntjie se aorta getref.”

Sy sê sy kan steeds nie glo dat Ethen dood is nie.

“Ek kan dit nie aanvaar nie. Ek kan nie.”

Sophie sê met Ethen se dood is ’n deel van haar ook weg. Haar man is in ontkenning en sukkel om alles te verwerk. “Nou wil ons net geregtigheid vir ons seun hê.”

Ethen is Sondag in sy tuisland Tanzanië begrawe.

Kapt. Mpho Tshetlhane, polisiewoordvoerder, sê niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek sake van huisroof en moord.

Meer oor:  Dood  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.