Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ouers van Durbanville-skool gewaarsku ná kaping
Die ingang van die Fairmont High School. Foto: Facebook/Fairmont High School

Ouers en leerlinge van die Fairmont High School in Durbanville, Kaapstad, is gewaarsku om versigtig te wees nadat ’n motorbestuurder Maandagmiddag met ’n mes gesteek is tydens ’n beweerde kaping in Durbanweg.

Twee onbekende mans het ’n manlike motorbestuurder na bewering by die kruising van Durbanweg en Eversdalstraat uit sy motor gepluk.

Die slagoffer het glo terugbaklei, waarna hy met ’n mes in die hand gesteek is, het ’n vriend van die slagoffer op Facebook gesê. Dit is onbekend of enigiets gesteel is.

Die slagoffer is volgens sy vriend getraumatiseer, maar hy het die voorval glo nie by die owerhede aangemeld nie. Die polisie het ook nie ’n rekord daarvan nie.

“Die betrokke slagoffer is nie ’n leerling of ouer van die skool nie,” het Leon Erasmus, skoolhoof, Woensdag aan Netwerk24 gesê.

Die personeel het plasings op sosiale media oor die voorval gesien en toe besluit om ’n waarskuwing uit te reik omdat die betrokke verkeerslig net om die draai van die skool is.

“Dit is kommerwekkend dat iets so ernstigs in ons gemeenskap en voor ons voordeur kan gebeur,” lui die waarskuwing aan ouers, voogde en personeellede.

“Ek wil ’n beroep op elkeen doen om nie hul kind te laat wag vir vervoer by die bushalte in Durbanweg nie, maar dat hulle by die hoofhek wag waar hulle veilig is.

“Ons het gereël met ons veiligheidsmaatskappy dat hulle ’n gewapende reaksievoertuig soggens in die omgewing het as ons kinders afgelaai word, en in die middae wanneer die skooldag klaar is.”

Die beweerde slagoffer se vriend kon nie Woensdag voor publikasie vir kommentaar bereik word nie.

Meer oor:  Kaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.