Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Ouma’ (70) aangekeer weens gelaaide vuurwapen

’n “Ouma” is Maandag omstreeks 17:30 in Centane in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat sy met ’n gelaaide vuurwapen met 12 patrone  in haar besit betrap is.

Kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, sê die 70-jarige vrou, na wie hulle in ’n verklaring as ’n “ouma” verwys, is in die Ngqusi-dorpie in hegtenis geneem nadat die polisie ’n wenk oor haar vuurwapen ontvang het.

“Sy het vir die polisie gesê sy het die vuurwapen by haar dogter gekry. Ons weet nie of sy die vuurwapen vir selfverdediging gehad het nie. Die feit bly staan: Sy het ’n ongelisensieerde en gelaaide vuurwapen in haar besit gehad. Dit is gevaarlik,” het Manatha Dinsdagoggend by navraag gesê.

“Sy sal Dinsdag in die hof verskyn.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.