Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ouma en 2 kleinkinders in hul huis vermoor

Die polisie in Limpopo is op soek na die moordenaar(s) van ’n ouma en haar twee kleinkinders wie se bebloede lyke Dinsdagmiddag in hulle huis gekry is.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê Paulina Mafifi (67), is in ’n plas bloed in haar huis in die Maokeng-nedersetting in Senwabarwana buite Polokwane gekry.

Twee van haar kleinkinders, Nathaniel Mafifi (9) en Selaelo Mafifi (7), is naby hulle ouma se lyk gekry.

Mojapelo sê hulle het gapende wonde oral oor hulle liggame gehad.

Die kinders se ma (29) was nie in die huis toe hulle vermoor is nie.

Bure van Mafifi het Dinsdagmiddag onraad vermoed toe hulle gesien het dat niemand die hele dag uit die huis gekom het nie.

Hulle het Mafifi op haar selfoon gebel maar daar was nie antwoord nie. Die bure het toe die polisie laat weet waarna daar omstreeks 16:00 op die drie lyke afgekom is.

Mojapelo sê daar word vermoed dat Mafifi en haar kleinkinders moontlik al Maandagaand of in die vroeë ure van Dinsdag vermoor is.

Mavhungu Lerule-Ramakhanya, LUR vir veiligheid in Limpopo, het haar skok oor die moorde uitgespreek.

Sy het in ’n verklaring gesê sy is bekommerd oor die toename in moorde van vroue en kinders in Limpopo.

Die Mafifi-moorde kom ’n dag nadat ’n 43-jarige man sy vriendin (38) en haar niggie (27) in ’n familietreurspel in Namakgale buite Phalaborwa doodgeskiet het.

Die man het ook sy 16-jarige dogter geskiet, maar sy het oorleef. Die dogter het die dag vantevore ’n klagte van verkragting teen hom by die polisie aanhangig gemaak. Sy is ernstig gewond. Die man het homself daarna doodgeskiet.

“Ons doen ’n beroep op die publiek om saam met die polisie te werk en inligting te verskaf sodat die skuldiges in hegtenis geneem kan word, “ het Lerule-Ramakhanya gesê.

Lt. genl. Nneke Ledwaba, polisiehoof in Limpopo, sê daar sal nie gerus word totdat die moordenaar(s) van die Mafifi-familie in hegtenis geneem is nie.

Enigiemand met inligting oor die moorde kan ao. Albert Manaka bel by 082 414 6634.

Meer oor:  Limpopo  |  Vermoor  |  Ouma  |  Kleinkinders  |  Huis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.