Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ouma rand kleinseun (6) glo aan op Valentynsdag

’n 40-jarige ouma van Mbombela (Nelspruit) is in hegtenis geneem en op borgtog van R500 vrygelaat nadat sy glo haar sesjarige kleinseun wreed op Valentynsdag aangerand het.

Brig. Leonard Hlathi, provinsiale polisiewoordvoerder, sê n lid van die publiek het omstreeks 15:30 op Vrydag 14 Februarie die gr.1-leerling “alleen in sy skooluniform sien drentel”.

Dít terwyl hy veronderstel was om by die huis te wees.

“Die bekommerde inwoner het vinnig die skool op sy uniform identifiseer en hom hierheen geneem,” sê Hlathi.

Die seun het in een van die klaskamers weggekruip, waarna ’n onderwyseres hom toevallig raakgesien het voordat sy die klas wou sluit.

Kruip weg in klaskamer

“Hy het toe vertel hoe sy ouma hom gereeld en aanhoudend slaan.”

Die onderwyser het ander onderwysers wat steeds by die skool was ingelig en die polisie is dadelik ontbied.

“Die polisie was baie geskok oor die erge wonde reg oor die kind se liggaam.”

’n Klag van aanranding met die doel om erge liggaamlike skade toe te dien is teen die 40-jarige vrou ingedien.

Terwyl die slagoffer mediese behandeling ontvang het, het die polisie die klag na die Elukwatini-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe gestuur, wat die vrou in hegtenis geneem het.

Sy het Woensdag in die hof verskyn en is op borgtog van R500 vrygelaat.

Die saak is tot 30 Maart uitgestel vir verdere ondersoek.

Gepoogde ontvoering

* Intussen is ’n man van Aerorand, Middelburg, Woensdag vyf jaar tronkstraf opgelê vir die gepoogde ontvoering van ’n 13-jarige meisie twee jaar gelede.

Sthembiso Amon Mchumu (36) het in die streekhof in Middelburg, Mpumalanga, verskyn.

Genl.maj. Zodwa Mokoena, hoof van die Valke in Mpumalanga, het gesê sy eenheid is bemoedig deur Mchunu se straf en verwelkom die strafregstelsel se antwoord op die uitdagings van kinderontvoerings wat amper die provinsie verswelg het.

Volgens kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, ’n polisiewoordvoerder, het Mchumu op 21 Augustus 2018 probeer om die meisie te ontvoer deur haar na ’n Volkswagen Polo te sleep.

“Die meisie het geskree en haar gille het die aandag van ’n groep bouers getrek, wat haar vinnig te hulp gesnel het.”

Die verdagte het van die toneel gevlug en die gehuurde voertuig net so gelos.

Die provinsie se eenheid teen georganiseerde misdaad is dadelik opdrag gegee om die voorval te ondersoek en het Mchumu op 31 Desember 2018 in hegtenis geneem.

Meer oor:  Kindermishandeling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.