Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Oupa ‘slaan seun’ voor dié hom glo met windbuks skiet

Die 16-jarige seun van Dullstroom, Mpumalanga, wat glo sy 63-jarige oupa op 2 Februarie met ’n windbuks geskiet het, word amptelik van moord aangekla.

’n Bron na aan die ondersoek het Maandag aan Netwerk24 gesê die oupa het seun glo oomblikke voor die skietvoorval herhaaldelik met ’n stok geslaan.

“Daarna het hy glo die windbuks, wat aan hom behoort, gaan haal en sy oupa geskiet,” beweer die bron. Die polisie het vroeër bevestig dat die bejaarde man in die bolyf geskiet is.

Die bron wou nie uitwei oor bewerings dat die oupa die seun gereeld aangerand het nie.

Brig. Leonard Hlathi, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die seun is steeds onder sy ouers se toesig.

Hlathi sê die tiener se paroolbeampte, ’n maatskaplike werker, stel nou ’n verslag saam wat aan die hof voorgelê gaan word.

“In die verslag word die seun se familiegeskiedenis en emosionele welsyn ook ondersoek,” sê Hlathi.

Die verslag sal dan aan die hof voorgelê word om die seun se lot te bepaal.

Hlathi sê daar is nog nie ’n sperdatum vir die verslag nie.

Meer oor:  Leonard Hlathi  |  Dullstroom  |  Moord  |  Windbuks  |  Oupa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.