Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Pa aangekla van poging tot moord op 4 maande oue baba

Die pa wat sy vier maande oue babaseuntjie na bewering so erg aangerand het dat hy “in en uit” die waaksaal is, word nou van poging tot moord aangekla.

Hoewel die ma van die kind, bekend as “Baba M”, op die nuwe klagstaat as ’n klaer/slagoffer bygevoeg is, is sy die afgelope week self in hegtenis geneem op ’n aanklag van sameswering om moord te pleeg.

Dit kom nadat sy glo terwyl die pa in aanhouding vir die beweerde aanranding is, iemand gesoek het om hom in die tronk te vermoor.

Met die jong ma, wat onlangs eers 18 geword het, nou ook in aanhouding, wou die pa Vrydag in die streekhof in Pretoria aansoek om borgtog doen.

Dit is egter uitgestel omdat sy prokureur eers met ander moontlike verdedigingsgetuies wil konsulteer wat tot sy aansoek kan bydra.

“Hy was tot verlede week aan ’n ventilator gekoppel met pypies en drade oral.

Lede van die Unchain Our Children-organisasie en die polisie het die 28-jarige man van Arcadia, Pretoria, op 26 Oktober vasgetrek nadat hy dae lank gesoek is. Hy en die ma was sowat twee jaar in ’n verhouding.

Wayne van Onselen van Unchain Our Children het vroeër gesê dit blyk dat die kind se ouers op 23 Oktober in ’n argument betrokke was en dat die baba in die voorval beseer is.

Iemand het die polisie ontbied toe die argument tussen die ouers vererger het. Dit was toe dat die pa gevlug het.

Die baba is in die hospitaal met gebreekte ribbes, ’n gebreekte femur, ’n geskeurde oorskulp, vermoedelike swelling op die brein en verskeie gesigbeserings opgeneem.

Van Onselen-hulle het uitgevind waar die pa glo skuil en hy is op ’n aanklag van aanranding in hegtenis geneem. Die pa het beweer dat die baba in die rusie seergekry het toe die ma bo-op die kind geval het.

Noudat die ma in hegtenis geneem is, kry ons nie meer inligting oor die seuntjie nie, want die hospitaal wil nie aan ons inligting gee nie.

Luidens die nuwe klagstaat word die pa nou aangekla van poging tot moord op die baba deur onder meer sy ribbes hard te druk, kindermishandeling/opsetlike verwaarlosing deur die baba te gooi, aanranding op die ma en ’n aanklag van ontvoering nadat hy glo die ma teen haar wil in die woonstel toegesluit het.

Met die baba steeds in die hospitaal, is kinderhofverrigtinge gehou om te bepaal wie toesig oor hom sal kry.

Kort hierna het Van Onselen egter inligting ontvang: Die ma het na bewering ’n boodskap aan ’n persoon gestuur op soek na iemand wat ’n bendelid in die tronk ken wat Baba M se pa sal vermoor.

Sy is Maandag in hegtenis geneem op ’n aanklag van sameswering om die pa te laat vermoor en het Dinsdag in die hof verskyn.

Die saak teen die ma is uitgestel na Desember en sy is ook in aanhouding.

• Die beskuldigdes word nie geïdentifiseer nie, om die baba se identiteit te beskerm. Daar is nog geen kinderhof-beslissing gemaak nie.

’n Familielid van Baba M, wat destyds die soektog na die voortvlugtende pa geloods het, sê hy is “in en uit” die waaksaal.

“Hy was tot verlede week aan ’n ventilator gekoppel met pypies en drade oral.

“Noudat die ma in hegtenis geneem is, kry ons nie meer inligting oor die seuntjie nie, want die hospitaal wil nie aan ons inligting gee nie.”

Meer oor:  Pretoria  |  Baba  |  Poging Tot Moord  |  Pa  |  Aangekla
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.