Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Pa dood ná huisrooftog naby Durban

’n 53-jarige man van Westville naby Durban in KwaZulu-Natal is Dinsdagoggend vroeg in die hospitaal dood nadat hy in ’n huisrooftog met ’n skerp voorwerp gesteek is.

Die man se vrou en seun (18) is ook in die aanval beseer.

Kapt. Nqobile Gwala, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die man se vrou het Dinsdag omstreeks 05:30 hul honde laat uitgaan toe twee verdagtes met klapmusse haar oorval het.

“Die verdagtes het hulself by die huis ingedwing en ’n struweling het tussen hulle en die gesin ontstaan,” sê Gwala.

Sy sê tydens die onderonsie is die 53-jarige pa in die bors gesteek en die 18-jarige seun in sy regterdy.

“Die rowers het met ’n selfoon en ’n beursie gevlug,” sê Gwala.

Die voorval was in Rodger Sishi-rylaan naby die M19 in die noordelike dele van Westville.

Garrith Jamieson, paramedikus van Rescue Care, sê paramedici het die man op die toneel gestabiliseer, maar hy het toe ’n hartaanval gekry. “Ongeag paramedici en dokters se pogings om hom te help is hy ongelukkig in die hospitaal dood,” sê hy.

Jamieson sê die man se vrou en seun is met matige beserings in die hospitaal opgeneem.

Gwala sê die Westville-polisie ondersoek klagte van moord, poging tot moord en huisroof.

“Enigeen met inligting oor die voorval word versoek om die polisie te kontak by die Stop Misdaad-nommer, 08600 10111, of deur die MySAPS-app,” sê Gwala.

Meer oor:  Durban  |  Roof  |  Huisroof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.