Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Pa en dogter (3) dood in skietery in Elsiesrivier

’n Driejarige meisie en haar pa is dood nadat hulle Maandag in die kruisvuur van vermoedelik ’n bendeskietery in die Elsiesrivier-omgewing beland het.

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, het bevestig dat die Ravensmead-polisie ’n dubbele moord ondersoek.

“Die polisie is omstreeks 07:15 na die toneel in 39ste Laan, Eureka Estate, uitgeroep waar ’n 35-jarige man en sy dogter (3) noodlottig gewond is. Die slagoffers het in ’n voertuig gesit toe ’n onbekende verdagte op hulle losbrand.”

Mense het op Facebook uitgevaar teen gewelddadige bendes wat onskuldige lewens eis in hul voortslepende bendeoorloë, en teen die polisie wat volgens hulle min doen om inwoners te beveilig. Hulle wou weet wat die polisie en die president doen om bendes vas te vat.

Traut sê die omstandighede rondom die skietvoorval word nog ondersoek en enigeen met inligting kan die Stopmisdaadnommer, 08600 10111, bel.

Meer oor:  Elsiesrivier  |  Pa  |  Skietery  |  Dood  |  Dogter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.