Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Pa en seun vas oor gesteelde voertuie

’n Pa, sy seun en ’n werknemer verskyn na verwagting Maandag in die landdroshof in Benoni op ’n aanklag van die besit van gesteelde voertuie.

Die drie is Vrydagmiddag in hegtenis geneem nadat die polisie op ’n werkswinkel waar voertuie van hul onderdele gestroop word in Crystal Park in Ekurhuleni toegeslaan het.

Verskeie onderdele van gesteelde en gekaapte motors is glo op die perseel aangetref.

“(Die polisie) het met hul aankoms een werknemer aangetref wat ’n Toyota Hilux bestuur het met twee enjins op die bak waaraan gepeuter is.

“Die voertuig is onmiddellik ondersoek en daar is bevestig dat die voertuig in Junie 2018 by die Honeydew-polisiekantoor as gesteel aangemeld is,” het brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder in Gauteng, Saterdag in ’n verklaring gesê.

Inligting van misdaadintelligensie in Johannesburg-Oos is Vrydag opgevolg met ’n klopjag waaraan verskeie regstoepassingsowerhede, ’n private opsporingsmaatskappy en die buro vir versekeringsmisdaad deelgeneem het.

“Die span het die werkswinkel deursoek en nog 11 voertuie aangetref wat van hul onderdele gestroop is,” het Peters bygevoeg.

Dit sluit onder meer Toyota Hilux-, Isuzu- en Ford Ranger-bakkies in.

Peters het gesê die polisie het bevestig dat die voertuie tussen 2018 en 2020 as gesteel of gekaap aangemeld is in Garsfontein, Germiston, Randburg, Langlaagte, Lyttelton, Roodepoort en Zonkizizwe.

Die polisie het die 65-jarige eienaar van die onderneming in hegtenis geneem, saam met sy 40-jarige seun en ’n 43-jarige werknemer.

Die drie sal na verwagting Maandag op ’n aanklag van die besit van gesteelde voertuie in die landdroshof in Benoni verskyn.

Meer oor:  Benoni  |  Ekurhuleni  |  Crystal Park  |  Gesteelde Voertuie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.