Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Pa en sy 2-jarige dood in bendeskietery

’n Tweejarige seuntjie en sy pa is dood nadat hulle Woensdag in die spervuur van vermoedelik ’n bendeverwante verbyryskietery in Bonteheuwel getref is.

Mogamat Johnson en sy seun, Zhario, is in Tolbosstraat geskiet terwyl hulle na die plaaslike spazawinkel gestap het.

Kapt. Frederick van Wyk het bevestig dat die polisie die dubbele moord ondersoek.

“Die polisie is omstreeks 19:15 na die toneel uitgeroep waar ’n 32-jarige man doodgeskiet en ’n tweejarige seun gewond is. Die omstandighede word ondersoek.”

Van Wyk sê die beseerde seun is na ’n nabygeleë hospitaal gebring.

Mogamat Johnson en sy tweejarige seun Zhario.

“Die verdagtes het weggekom en word steeds gesoek.”

Die seuntjie is na die Vangaurd-hospitaal gebring en later na die Rooi Kruis-kinderhospitaal oorgeplaas. Hy is egter Donderdagoggend dood.

Angus McKenzie, wyksraadslid van Bonteheuwel, het die dubbele moord skerp veroordeel en ’n beroep op die polisie gedoen om die moordenaars so gou moontlik agter tralies te sit.

McKenzie sê die slagoffers het geen bande met bendes gehad of met die voortslepende geweld wat die gemeenskap teister nie.

“Dit is eenvoudig net onaanvaarbaar dat so baie van die moorde en verbyryskieterye nooit opgelos of vervolg word nie. Die polisie het ’n verantwoordelikheid om die misdadigers agter tralies te kry en ons gemeenskap te beveilig,” sê McKenzie.

Intussen is mense in Bonteheuwel in rou ná die voorval. Inwoners het op sosiale media hul medelye met die familie uitgespreek en uitgevaar teen die misdadigers wat dood en paniek in die woonbuurt saai en daarmee wegkom.

Daar was Donderdag ’n verhoogde teenwoordigheid van wetstoepassers in die gebied waar bendeskietery steeds voortduur.

Die polisie het mense met inligting oor die skietvoorval versoek om hulle Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 te kontak.

Meer oor:  Bonteheuwel  |  Kaapstad  |  Moord  |  Bendegeweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.