Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Pa gesoek wat sy dogter (11) glo ontvoer
Henny van den Berg Foto: VERSKAF

Die polisie in Wellington in die Wes-Kaap vra die publiek se hulp om Henny van den Berg en sy 11-jarige dogter op te spoor.

Van den Berg het sy dogter glo tien dae gelede by haar skool opgelaai en toe spoorloos verdwyn, sê sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder.

Kragtens ’n vroeëre hofbevel mag Van den Berg nie kontak met sy dogter gehad het nie en die regter het beslis sy moet van haar ouers weggeneem word en na ’n plek van veiligheid gebring word.

Die rede vir dié hofbevel is onbekend.

Rwexana sê die meisie is as vermis aangemeld en die polisie soek na haar.

Van den Berg is laas in die Paarl in sy blou Jeep Cherokee gewaar.

Enigiemand met inligting, kan die Wellington-polisiekantoor by 021 864 8440 bel.

Meer oor:  Wellington  |  Kindermishandeling  |  Misdaad  |  Ontvoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.