Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Pa hang 2 dogters, toe homself ná rusie met ma

’n Pa van Limpopo het sy twee dogters Saterdagaand in sy huis gehang voordat hy homself ook gehang het.

Samuel Kgatle (38) is laat Saterdagaand in ’n buitekamer langs sy huis in die Ga-Mamabolo-nedersetting, sowat 40 km buite Polokwane, gekry waar hy glo homself gehang het.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê Kgatle het glo vroeër die aand eers sy een dogter, Anna Kgatle (8), en toe sy jongste dogter, Mary Kgatle (5), in verskillende kamers in sy huis opgehang.

-
-

Volgens Ngoepe het die treurspel ’n lang aanloop gehad.

Kgatle en sy vrou, wie se naam nie bekend is nie, het sedert einde verlede jaar huweliksprobleme gehad. Die bakleiery tussen hulle het baie erg geword en die vrou en kinders het uit die huis getrek en by haar ouers in Sekgosese naby Giyani gaan bly.

Anna en Mary het Saterdag by hul pa gaan kuier vir die skoolvakansie.

Ngoepe sê Kgatle het sy vrou Saterdagaand gebel en hulle het glo ’n hewige rusie oor die telefoon gehad. Hy het glo gedreig dat hy iets aan die kinders sou doen. “Hy het daarna die twee kinders in aparte kamers gehang en gevlug.”

Die vrou het die polisie ontbied en hulle het ná 22:00 op die twee kinderlyke afgekom. Die polisie het op die man afgekom waar hy in ’n buitekamer, sowat drie meter vanaf die huis, homself glo gehang het.

Genl.maj. Jan Scheepers, waarnemende polisiehoof in Limpopo, het die voorval betreur.

Hy het ’n beroep op die publiek gedoen om hulp te kry wanneer daar gesinsgeweld in ’n familie is.

Ngoepe het gesê twee klagte van moord is aanhangig gemaak en ’n geregtelike doodsondersoek sal na die man se dood gedoen word.

Meer oor:  Samuel Kgatle (38)  |  Anna Kgatle (8)  |  Mary Kgatle (5)  |  Ga-Mamabolo-Nedersetting  |  Limpopo  |  Pa  |  Twee Dogters  |  Rusie  |  Ma  |  Hang
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.