Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Pa in kar doodgeskiet toe hy seun by skool aflaai
Die man is in sy motor voor die skool doodgeskiet.
Die toneel Dinsdagoggend voor die Elliot Academy in Fairview.

’n Taxi-eienaar van Motherwell, Port Elizabeth, is Dinsdagoggend voor 'n Elliot Academy in Fairview doodgeskiet.

Die man (43) is geskiet kort nadat hy en sy vrou hul seun (9) by die skool afgelaai het. Die oorledene se lyk is steeds agter die stuur van sy silwergrys Audi-voertuig.

Getraumatiseerde ouers en leerlinge het toe die skote klap in alle rigtings laat spaander. Die man se vrou en kind is ongedeerd.

Luidens ooggetuies het twee skieters die oorledene in ’n wegkommotor ingewag voor die skool. Die aanvallers het uitgeklim en skote aan die bestuurder se kant van die motor afgevuur. Daar is drie koeëlgate in die ruit aan die bestuurder se kant.

Die mans het weggekom. Die polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad ondersoek die saak.

Meer oor:  Motherwell  |  Port Elizabeth  |  Doodgeskiet  |  Skool  |  Taxi-Eienaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.