Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Pa in Karoodorp kry dooie baba in dogter (22) se kas

Die polisie in Graaff-Reinet in die Oos-Kaap doen ’n geregtelike doodsondersoek nadat die lyk van ’n pasgebore baba Woensdagaand in die kamer van ’n jong ma aangetref is.

Na verneem word, het die 22-jarige ma, wat vermoedelik Sondag die lewe aan die baba geskenk het, dit vir haar ouers probeer wegsteek. Haar pa, wat agterdogtig geraak het en haar kamer deursoek het, het die baba se lyk in ’n klerekas gevind.

“Die baba was in ’n handdoek toegedraai en binne ’n boks in die kas gevind,” het kapt. Bradley Rawlinson, polisiewoordvoerder, gesê.

Rawlinson het gesê dit is nog nie duidelik of die baba doodgebore of later dood is nie. Dit sal binnekort in ’n lykskouing vasgestel kan word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.